Race Report 2015/09/05

Weereens baie goeie racing op Tygerberg Raceway met die opening van die 2015/2016 seisoen. Die motors is goed voorberei, vertoon baie mooi en vining, kan net groot dinge laat gebeur deur die nuwe seisoen.  Daar is nou nog byeenkomste 19 September, 10 Oktober en dan die Nationals op 31 Oktober.

Ongelukkig moes ons die seisoen afskop met n hartseer verlies van n TR lid, spanmaat en vriend, JB Lazarus T15 Late Models.  Ons almal het ‘n traan gedroog, met die afskeids parade en finale sien van T15. Vrede vir die familie, ons gebede bly met jul. Spesiale dank aan Japie Scholtz – Union Signs & Graphics, Takkies Fourie – Fourie Sand en Danie Mostert – Condec Concrete vir jul borgskappe en hulp.

Een van die hoogte punte van die aand, was definitief die Hotrod finaal. Met ‘n paar groot, ervare name agter hom was Kyle Huddlestone kalm en beheersd tot die val van die wit en swart.

In die 2.1 kan ons maar vir Dewald De Villiers dop hou. Met n foutjie in die 2de been, het hy goed herstel en klaargemaak met n podium plek. Die bak is nou klaar beskadig, so los nou maar die remme!

Mark Fontini het n goeie eerste wedren gehad in die Late Model. ‘n Foutjie in die tweede been het die einde van die aand beteken.  Die gremlins het die Late Models behoorlik beet gehad. Fanie Mostert het daarin geslaag om die vinnigste rondte-tyd op te stel vir die aand, 17,65s. Jean Steyl is terug met die T34 monster en sal beslis mee rekening gehou word.

Dankie aan ons besoekers. Altyd lekker om besoekers te ontvang.  Welgedaan Corne met ‘n rondte tyd van 20.82s in die V8 klas.  Izaan Keller behaal n 2de plek in die 1660’s. Geluk besoekers!

So vinnige opsomming van die tye:
1660’s            20.25    Schalk vd Westhuizen
2.1’s               19.84    Frikkie Marais
HotRods        19.78    Jason Jordaan
Midgets         16.60    Wessel Rabe
V8’s               19.68    Altru De Klerk
LateModels   17.65    Fanie Mostert

Met die val van die vlag, kan daar slegs een wenner wees.

1660’s
1ste        Schalk vd Westhuizen
2de        Izaan Keller
3de         Shawn Bester

2.1’s
1ste        Brennon Green
2de        Dewald De Villiers
3de        Raniel Koegelenberg

Hotrods
1ste        Kyle Huddlestone
2de        Dylan Nel
3de        Bryan Grimbeek

Midgets
1ste        Wessel Rabe
2de        Dante De Ronde
3de         Shawn Jordaan

V8’s
1ste        Arrie Van Zyl
2de        Altru De Klerk
3de        Johan Mills

Late Models
1ste        Gabrie Gelderblom
2de        Eerick Horn
3de        Izak Spies

Ter afsluiting, was daar twee spesiale toekennings vir die dag, naamlik Driver Of The Day / Sportsman Of The Day. Phil Herold is aangewys as die Sportman van die dag.  Dankie Japie Scholtz, Union Signs & Graphics vir die borg van die trofees.  Die nuut aangestelde veiligheids verteenwoordiger van die FIA (Federation Internationale de l'Automobile), het ook die aand bygewoon en na afloop vir TR gelukgewens met n uitstekende wedren.

Driver of the day, was so kopkrapper, met n paar sterk kandidate. Baie geluk aan Schalk vd Westhuizen, wat weggeloop het met die titel.  Jy het seker die wedren van jou lewe gehad!

Sterkte vir die karre wat bietjie aandag nodig het.  Sien julle 19 September..............”same place, same time”! We Do It Sideways On Dirt!