Race Report

31 January 2015

Welkom by ons 1ste wedren vir 2015. Die klub groei elke byeenkoms met lede, inskrywings, en toeskouers.

Die aand het uitstekende rondte tye opgelewer in die verskillende klasse. In die Late Model klas was Gabrie die vinnigste drywer, gevolg deur Fanie Mostert op 18.15s en Danie Sandenbergh op 18.29s. Die 2.1 klas was die tye baie na aan mekaar met Pierre Kotze die vinnigste op 19.76s, gevolg deur Breenon Green op 19.82 en Thys Valentyn op sy hakke met 19.89s.

Die V8 klas se tye was net so naby aan mekaar, met Arrie van Zyl se vinnigste tyd op 19.57s, Tiaan Louw op 19.60 gevolg deur Hennie Bosch op 19.94s.

In die Hotrod klas het Hendrik Beets gesorg vir die vinnigste tyd op 19.69, met Kyle Huddlestone op 19.74s gevolg deur Gert Brink op 20.14s.

Die vinnigste klas vir die aand, die Midgets met Johann Moller se beste op 16.93s, Wessel Rabe op 17.26s en Eeerick Horn op 17.44s.

Die 1660’s, kort op die hakke van die 2.1’s se vinnigste man was Tertius van Tonder op 20.43se, gevolg deur Marius Vos op 20.63s en Jacques deu Plessis .03s stadiger op 20.63s.

1660’s

Die klas het n uitstekende opkoms gehad, met paar gasdrywers van George en Oudtshoorn. Marius Vos het n goeie aand gehad, maar soos dit werk in resies het meganiese problem hom beroof van ‘n podium posisie. Hou goeie moed Marius, volgende keer! Daardie geel Polo van Oudtshoorn, gery deur Burger vd Westhuizen is definitief n kombinasie om dop te hou. Tertius JNR van Tonder moes Pa se kar leen vir die byeenkoms, maar het net weer vir almal gewys dat n goeie drywer die verkil kan maak! Die trofees is soos volg uitgedeel: 1ste Tersius Van Tonder, 2de Burger vd Westhuizen, and 3de Jacques Du Plessis

2.1’s

Die klas het net uit Tygerberg inskrywings bestaan vir die aand – Ja, “local is lekke!!” Netjiese goed voorbereide motors, n plesier om na te kyk. Werner Brandt moes bont staan met die brandblusser. Matthew Jefferies eindig in die top 5 vir die aand, maar ons wag in spanning vir die volgende wedren. Dewald De Villiers was terug, en het geeindig in die 4de posisie vir die aand. Ook Dewald kan maar dopgehou word... Die top 3 het dit uitbaklei tot reg op die einde, met Thys Valentyn 1ste, Pierre Kotze 2de en Brennon Green 3de.

Hotrods

Gert Brink het n briljante aand gehad, met die baan wat definitief vir hom en sy kar gewerk het. Vir meer as n jaar word daar aan die kar gewerk om al die klein probleempies uit die pad te kry, en wat is toe Saterdagaand die probeem? GEEN REMME, nie dat Gert remme nodig gehad het nie. Great show, almal het dit baie geniet. Corne Oosthuizen van George Motorklub het in die top 5 geeindig. Dankie jul George manne vir jul ondersteuning. Julle het die totale inskrywings syfer opgestoor na 18 vir die aand. Welkom terug Nicky, die kar lyk goed, kort so bietjie “branding”, maar ons is bly om die Koeglenberg gesin terug op die baan te he! Toe die vlag val en die “engines” stil raak, het Hendrik Beets weggeloop met 1ste plek, gevolg deur Kyle Huddlestone 2de en Gert Brink 3de.

Midgets

Was it nou nie lekker om weer vir die Midgets te kyk nie, die getalle, die karre, die drywers – die kombinasies was net uitstekend! Johann Moller het homself oortref met sy persoonlike beste rondetyd. Ruhann se vlerk het gepla, wat hom geforseer het om te onttrek vir die wedren. Die punteverskil tussen 2de 3n 3de plek was n skrale 2 punte. Baie geluk aan Eerick Horn 1ste, Wessel Rabe 2de en Johann Moller 3de.

V8

Hennie Bosch sukkel bietjie met die kar wat net nie wil ry soos hy kan nie, nie te min eindig hy steeds met 4de plek. Jacques Groenewaldt, met resies bloed in die are, eindig die aand in die top 5. Ons eie WP2, Duanne Prinsloo het soos altyd gesorg dat hy constant punte op die bord sit. Tiaan Louw, klim in die nuwe Geel Monster en ry hom asof hy al jare die kar het. Tiaan is n goeie voorbeeld van natuurlike talent vir die sport. Die aand eindig met Tiaan Louw 1ste, Arrie van Zyl 2de en Altru de Klerk 3de.

Heavy Metals

Andre Le Roux van George Motorklub ry weg met die 1ste plek met Johan Mills in 2de plek.

Late Models

10 inskrywings vir die aand, maar net 8 verskyn op die baan. Mr Elvis, JB Lazarus belowe om terug te wees teen 21 Februarie. Ons huidige SA1, het seker gemaak hy is in die top 5 vir die aand. Fanie Mostert en sy kar is nou een, n defintiewe wen kombinasie! Hou hom dop, jonk en vreesloos. Eerick was te sien in sy splinternuwe geplakte motor, en net soos dit met hom gaan........waar hy ry maak hy trofees bymekaar. Izak Spies .Niemand kon MR Spies vang nie. Hy het voor begin, en dit is waar hy die res van die aand gebly het. Toe die storm gaan le, was dit Izak Spies 1ste, Eerick Horn 2de en Gabrie Gelderblom 3de.

Dankie aan al die drywers vir n uitstekende aand. Die opmerking is in die pits gemaak dat dit so goed soos n “mini Nationals” was.

Sien jul 21 Februarie!